Employees who are foreign nationals must be in possession of a valid passport/ID, and the necessary work permits required in South Africa before they may work for a South African business.
Werknemers wat buitelandse burgers is moet in besit wees van ‘n geldige paspoort/ID en die nodige werkspermitte wat in Suid-Afrika vereis word, voordat hulle vir ‘n Suid-Afrikaanse besigheid kan werk.
Recent SIZA audit findings across all provinces have established that some businesses still miscalculate wages per hour, specifically when using the historically known ‘piece-rate system’ or ‘stuk-werk’ as it is known in Afrikaans.
Onlangse SIZA ouditbevindinge vanuit alle provinsies het vasgestel dat sommige besighede steeds lone per uur verkeerd bereken, veral wanneer hulle die histories bekende ‘stuk-tariefstelsel’ of ‘stuk-werk’ gebruik.
Die indiensnemingskontrak dien as ‘n formele erkenning van die werksverhouding en dit beskerm beide die werkgewer en die werknemer rakende hul pligte en verantwoordelikhede. Kontrakte is daar om beide partye in die werkplek te beskerm.
Any person deemed to be an employee and who fits the definition of an employee according to Basic Conditions of Employment Act (BCEA) Chapter 11 Section 83, must be recognised by the business as an employee through means of an employment contract.
Although there is not much legislation for housing within agriculture specifically in South Africa, the requirements and drive to best practice are driven and based on a combination of several Acts and Regulations across the South African legal framework.
Alhoewel daar nie baie wetgewing vir behuising binne die landbou-sektor spesifiek in Suid-Afrika is nie, word die vereistes en strewe na beste praktyk gedryf en gebaseer op ‘n kombinasie van verskeie wette en regulasies regoor die Suid-Afrikaanse regsraamwerk.
Een van die belangrikste fokuspunte van ‘n etiese oudit is om werkers ‘n stem te gee en vas te stel of bestuur ‘n veilige werksomgewing (en leefsomgewing, indien van toepassing) vir werknemers verseker.
One of the major focus points of a social audit is to give workers a voice and establish whether management is ensuring a safe working (and living, if applicable) environment for employees.