Suid-Afrika het reeds in 2018 amptelik ‘n nasionale minimumloon ingestel om te verseker dat alle werkers ‘n voldoende inkomste het en om ‘n beginsel van ‘n billike loonverhogings te bevorder. Die Nasionale Minimumloonwet bemagtig die Nasionale Minimumloonkommissie om die loon elke jaar te assesseer en te hersien. Vanaf 1 Maart 2022 is agri-werkers geregtig op ‘n minimum loon van R23,19 per uur. Nie net is die hoeveelheid Rand belangrik nie, maar ook die toewysing van tyd, wat beteken die loon word gemeet aan ure gewerk. Geen agri-werker mag onder die vasgestelde uurlikse loon verdien nie, ongeag die tipe werk wat verrig word en ongeag die aantal ure gewerk of sakke gepak.

Onlangse SIZA ouditbevindinge vanuit alle provinsies het vasgestel dat sommige besighede steeds lone per uur verkeerd bereken, veral wanneer hulle die histories bekende ‘stuk-tariefstelsel’ of ‘stuk-werk’ gebruik. In meeste gevalle gebeur dit dat vir elke sak/drom/krat wat byvoorbeeld gepluk/gepak word, ‘n spesifieke betaling gemaak word. In gevalle waar werknemers nie genoeg sakke pluk nie, voldoen hul loon vir daardie dag en die aantal ure gewerk nie aan die minimum loonvereistes nie. Ongelukkig is die praktyk van ‘stuk-werk’ nie korrek nie, en besighede moet hul lonestelsel en betalingstrukture aanpas om te verseker dat elke werknemer (ongeag hoeveel sakke of dromme/kratte gepluk of gepak word) die minimum loon betaal word vir elke uur gewerk. Die stelsel waar die aantal sakke of dromme/kratte gepluk of gepak as ‘n motivering gebruik word om produktiwiteit te verhoog, moet as ‘n bonusstruktuur of evalueringsbonus gebruik word, wat ‘n minimum betaling vir gewerkte ure toelaat (volgens wetlike vereiste) en ‘n bonus per sak/krat gepak betaal nadat die minimum loonvlak bereik is of indien ‘n bepaalde teiken oorskry word.

Hierdie teikens wat gestel word, sal verskil van besigheid tot besigheid, en selfs binne ‘n plukspan of boord. Dit moet deur die besigheid self bepaal word, maar ongeag die teiken wat gestel word of bonusstruktuur, moet die besigheid steeds seker maak dat die lone vir elke betaalperiode ooreenstem met die aantal ure gewerk vir elke werknemer.

Verdermeer is dit ook belangrik om te onthou dat enige werknemer wat op enige dag vir vier ure of minder werk (om watter rede ook al), moet vir daardie dag vir ten minste vier ure betaal word. Vir hierdie rede is dit belangrik om die werksure baie duidelik te kommunikeer, en die nodige beleide rondom byvoorbeeld reëndae in plek te hê, sou werk vir eksterne faktore gestop word.

Dit is noodsaaklik om te verstaan ​​dat indien produsente minder as die vereiste minimum loon per uur betaal, hul nie by die wetgewing of die vasgestelde minimum loon vir daardie spesifiek tydperk hou nie. Die verantwoordelikheid lê by elke produsent en hul bestuur om te verseker dat elke werknemer die betaling ontvang soos ooreengekom en dat dit aan die Nasionale Minimumloon vir die sektor voldoen (of oorskry). Dit is dus van kardinale belang dat alle werkgewers verseker dat hulle voldoende moniteer en verifieer dat elke werknemer die betaling ontvang waarop ooreengekom is en dat dit, as ‘n minimum, gelyk (of meer) is as die Nasionale Minimumloon. Vir inligting rondom die strafmaatreëls wat deur die wet van toepassing is wanneer werkgewers versuim om die minimum loon te betaal, sien asseblief die wetgewing: Nasionale Minimumloonwet, 2018.