Oudits moet tydens piek produksie periodes plaasvind aangesien dit ‘n minimum vereiste is om te verseker dat markte die ouditverslag se geldigheid aanvaar. Kopers wil ‘n evaluering van hul voorsieningsketting tydens die hoogste risiko-tydperk sien. Dit is verder ‘n vereiste vir etiese oudits om te verseker dat die volle werksmag deel van die omvang kan vorm en enige verpakkings- of verwerkingsfasiliteite in volle produksie en werkende toestand geëvalueer kan word. Vir omgewingsoudits is dit ook belangrik omdat operasionele aktiwiteite sekere elemente insluit wat beoordeel moet word, soos afvalwater, algemene afvalproduksie, ens.

Tydens die piek produksie tydperk vind verskeie aktiwiteite plaas as deel van die voorbereidingsfase wat tot verskeie risiko’s en insidente lei. Die verhoogde risiko gedurende hierdie tydperk is nie net hoog vir bestuur en eienaars nie, maar ook vir werknemers en kopers. Tydens die oudit in piek produksie word beide permanente en seisoenale werknemers deel van die evaluering wat dit die beste manier maak vir ouditeure om verskeie risikofaktore te identifiseer. Dit is belangrik dat alle werknemers se welsyn, gesondheid, en welstand deur die besigheid omgesien en versorg word. Die oudit is ‘n goeie verteenwoordigende uitkoms van die besigheidspraktyke gedurende die hoogste risiko-tydperk van die jaar. Dit verskaf vertroue aan die kopers dat hul verskaffer volgens die hoogste standaarde funksioneer.