Alle gevare moet duidelik geïdentifiseer word deur toepaslike veiligheidstekens in alle gebiede waar gevare geïdentifiseer is.
Die rol en funksies wat gesondheid- en veiligheidsverteenwoordigers speel, is waardevol vir alle werkgewers.
Aangesien Gesondheid en Veiligheid een van die top-10 areas is waar daar nie-nakominge tydens etiese oudits bevind word, het SIZA besluit om ‘n riglyn met praktyke en vereistes vir Gesondheid en Veiligheid (H&S) vir ons lede saam te stel.