Aangesien Gesondheid en Veiligheid een van die top-10 areas is waar daar nie-nakominge tydens etiese oudits bevind word, het SIZA besluit om ‘n riglyn met praktyke en vereistes vir Gesondheid en Veiligheid (H&S) vir ons lede saam te stel. Die doel van hierdie Handleiding vir Gesondheids- en Veiligheidsbestuur is om produsente by te staan met die implementering van H&S-praktyke en -vereistes. Hierdie riglyn is in ooreenstemming met die SIZA-standaardvereistes en moet gesien word as ‘n ondersteunende dokument om nakoming te bewerkstellig en om voortdurend te verbeter. Vir u gemak het ons ook ‘n gedeelte oor die COVID-19-regulasies ingesluit (bladsy 97).

Hierdie riglyn het verskeie hersieningsprosesse ondergaan waardeur verskillende kundiges, bedryfsleiers, en produsente uit verskillende gebiede en kommoditeite insig en leiding gegee het oor die inhoud. Hierdie inklusiewe proses het ook voorsiening gemaak vir voldoende oorsig oor vereistes.

Laai die Handleiding vir Gesondheids- en Veiligheidsbestuur in Landbou hier af >