• About
    • Managing SIZA
  • Why SIZA
    • Subscription Levels & Costs
    • Terms & Conditions
  • Standards
    • Reviewing Standards
    • Audit Process Methodology
  • Audit Process
    • Completing the SAQ
    • Choosing An Audit Firm
    • Audit Execution
    • Audit Frequency & Between Audit Monitoring
    • Audit Disputes Process
  • SIZATrack360
    • SIZATrack360 Resources
    • SIZATrack360 FAQs
    • Tracking Impact Data – M&E Reports
  • Training & Support
    • Upcoming Training
    • Resources
  • Grievances
  • SIZA Connect
    • Newsletters
    • Logo Usage
  • Contact
  • info@siza.co.za
  • Helpline: 086 111 1568
  • WhatsApp Line: 079 469 1753
  • MySIZA Platform
The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA)
  • About
    • Managing SIZA
  • Why SIZA
    • Subscription Levels & Costs
    • Terms & Conditions
  • Standards
    • Reviewing Standards
    • Audit Process Methodology
  • Audit Process
    • Completing the SAQ
    • Choosing An Audit Firm
    • Audit Execution
    • Audit Frequency & Between Audit Monitoring
    • Audit Disputes Process
  • SIZATrack360
    • SIZATrack360 Resources
    • SIZATrack360 FAQs
    • Tracking Impact Data – M&E Reports
  • Training & Support
    • Upcoming Training
    • Resources
  • Grievances
  • SIZA Connect
    • Newsletters
    • Logo Usage
  • Contact

Skedulering van SIZA-oudits

  • Home
  • SIZA Connect Newsletter
  • Skedulering van SIZA-oudits

Skedulering van SIZA-oudits

Die skedulering van derdeparty-oudits is ‘n belangrike deel van die ouditproses en dit moet korrek gedoen word. Onthou dat ‘n SIZA oudit nie fomeel geskeduleer is, totdat dit aanlyn op die MySIZA Platform gedoen is nie.

Hoekom is dit so belangrik?

MySIZA is op só ‘n manier ontwikkel om al die inligting wat daarop gedeel word, te beskerm. Die aanlyn ouditversoek bied slegs aan die ouditeur toegang op die platform sodra die oudit formeel geskeduleer en aan ‘n spesifieke ouditspan gekoppel is op MySIZA. Vir ‘n ouditeur om die oudit te bewerkstellig, moet hulle toegang hê tot u SAQ-data sowel as u vorige ouditdata, en daarom moet toegang verleen word deur die oudit formeel aanlyn op MySIZA te skeduleer. As die oudit nie korrek op MySIZA geskeduleer is nie, kan die oudit glad nie plaasvind nie.

Wat is belangrik om te onthou wanneer ‘n oudit geskeduleer moet word?

  • Die lid moet toesien dat hulle die onderskeie SAQ’s (Eties en/of Omgewing) voltooi het en dat die SAQ minstens 7 dae voor die ouditdatum deur die SIZA-kantoor goedgekeur is.
  • Sodra die SAQ goedgekeur is, kan die lid die ouditmaatskappy van hul keuse op MySIZA kies om die derdeparty-oudit te laat doen. Die lid kan vooraf kwotasies en beskikbare ouditdatums van enige goedgekeurde ouditmaatskappye kry en dan die maatskappy kies wat die beste by hulle pas.
    • Besoek die SIZA-goedgekeurde etiese ouditmaatskappye hier: https://siza.co.za/audits-3/recognised-audit-bodies/
    • Besoek die SIZA-goedgekeurde omgewingsouditmaatskappye hier: https://siza.co.za/recognised-audit-bodies/
  • Die ouditmaatskappy sal ‘n oudit-aansoekpakket aan die lid stuur wat volledig voltooi moet word en aan die ouditmaatskappy teruggestuur word.
  • Onthou – die lid mag nie besluit watter ouditeur hy wil gebruik nie, en die lid mag ook nie die oudit direk met die ouditeur reël nie. Dit is oneties en dit plaas die ouditeur op risiko omdat objektiwiteit nou bevraagteken word. Die proses moet derdeparty en onafhanklik bly om deur die kopers as geloofwaardig en betroubaar aanvaar te word. Dieselfde ouditeur mag ook nie meer as twee keer opeenvolgend dieselfde plaas oudit nie.

Wanneer kan die oudit plaasvind?

Oudits moet plaasvind gedurende ‘n tydperk wanneer die werksplek/besigheid ten volle in werking is (soos piek-seison, produksie of oes). Vir etiese oudits moet daar in enige geval ‘n minimum van twee derdes (66%) van die totale aantal werknemers (bereken gedurende die besigste periode van die jaar) in die werkplek wees om die oudit as geldig te beskou. Die werksmag moet alle tipe werknemers insluit soos permanent, seisoenaal, kontrak-werkers ens. As daar enige verwerkings- of verpakkingsfasiliteite is, moet hierdie fasiliteite toeganklik wees en in werking wees om deeglike evaluering deur die ouditspan moontlik te maak.

As u vrae het oor die skedulering van oudits, kontak Werner van Dyk by (021) 852 8184/werner@siza.co.za.

Tags: Audit, Audits, MySIZA

Scheduling of SIZA audits
Previous Post

Scheduling of SIZA audits

Transportation of workers
Next Post

Transportation of workers

Related Posts

SIZA Connect Newsletter June 20, 2025

Arranging a SIZA Social or Environmental Audit: Who to Contact and How to Choose

SIZA Connect Newsletter June 20, 2025

Understanding Risk Allocation in Audits: What It Means and How It Works

SIZA Connect Newsletter June 20, 2025

Don’t Miss Out: Why Staying Connected with SIZA Matters

Company

  • About Us
  • Why SIZA
  • Grievances
  • Newsletters
Logo
Navigating sustainability and compliance within South Africa's dynamic agricultural sector.

Contact Information

10 Niblick Way,
Section 5, The Beachhead,
Somerset West 7130 | South Africa
+27(0) 21 852 8184
  • Terms & Conditions
  • Logo Usage
  • MySIZA Platform