Om te verseker dat daar geen gesondheidsrisiko met betrekking tot water is nie, vereis die SIZA Etiese Standaard dat ‘n mikrobiese ontleding van die water gedoen moet word. Water moet volgens ‘n risikobepaling getoets word en moet voldoen aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaard vir Drinkwater – SANS 241:2015. Water moet voldoen aan die numeriese limiete vir die mikrobiologiese determinante gespesifiseer in tabel 1 van SANS 241. Waar ‘n mikrobiologiese waarde die numeriese limiet soos voorsien in tabel 1 oorskry, word ‘n onaanvaarbare risiko vir menslike gesondheid geïmpliseer. Namate die mikrobiologiese waarde toeneem, word ‘n toenemende risiko vir gesondheid geïmpliseer. Die kolivorme mag nie 10 eenhede per 100 ml oorskry nie.
Vir ‘n uitgebreide en volledige lys van alle beslissende faktore, sien SANS 241-1:2015.