Sedert Suid-Afrika die invoer en uitvoer van asbes, sowel as die gebruik en vervaardiging van die mineraal in 2008 verbied het, het baie ondernemings gesukkel om heeltemal van sekere asbesbevattende materiaal ontslae te raak. Dit kom gewoonlik in dakke en mure voor. Ongeag die redes daarvoor, is dit bewys dat asbes baie gevaarlik is en dat blootstelling daaraan tot longkanker en ander ernstige siektes kan lei.
Die SIZA Etiese Standaard bepaal in kodevereiste 7.3.9. dat die onderneming ‘n asbesbeleid op die perseel moet hê waar asbes voorkom, en dat alle werk rakende asbes aan die Departement van Arbeid sal rapporteer word. Die asbesbeleid moet werkersbehuising insluit, sowel as enige ander gebied wat as ‘n hoë risiko beskou word. Asbes moet in alle gevalle as ‘n hoërisiko-middel behandel word en volgens wetgewing hanteer word. Vir meer inligting oor die asbesbeleid, besoek die SIZA Standaard: https://siza.co.za/standard/social-standard/