Aangesien die SIZA-program homself geposisioneer het as ‘n wêreldleier in die strewe na volhoubare verbetering sowel as die bestuur van risiko’s vir produsente en kopers deur sy streng derdeparty-oudit sisteme – is dit geen verrassing dat meer as 34 verskillende kommoditeite deur die SIZA program verteenwoordig word nie. Die groot verskeidenheid kommoditeite is waarskynlik te wyte aan die wye mark-aanvaarding regoor die wêreld van die SIZA-program, maar ook vanweë die waardevolle dienste wat deur SIZA aangebied word. SIZA-oudits is nie gefokus op ‘n spesifieke gewas of kommoditeit nie, maar sluit die volledige bestuurstelsel in, daarom is alles in die besigheid ingesluit in die SIZA oudit omvang, wat toelaat dat die waarde regdeur die besigheid gesien kan word.
Alhoewel vrugte kommoditeite die meerderheid van die ledetal verteenwoordig, is verskeie ander primêre landbou kommoditeite lede soos groente, blomme, brood/graan en bakkery-produkte, suiwelprodukte, eiers, vleis, tee, suiker, geurmiddels en preserveermiddels en meer .
Die SIZA-program spog met ‘n kumulatiewe ledetal van 3 526 plase/pakhuise. Hierdie landbou-wye verteenwoordiging spreek van die program se doeltreffendheid in sy doelwitte, maar ook van die wye mark-aanvaarding van die program wêreldwyd. Dit is nie net baie positief vir SIZA nie, maar ook vir elke landbou produsent.
Om jou kommoditeite op jou MySIZA-profiel te wysig of by te voeg, kontak asseblief info@siza.co.za / 021 852 8184 om dit te laat verander of reg te stel.
Lys van kommoditeite verteenwoordig:
Commodity | Percentage of total commodities registered as members |
Citrus | 25,59% |
Stone Fruit | 13,91% |
Pome Fruit | 13,48% |
Table Grapes | 10,98% |
Subtropical | 6,92% |
Wine Grapes | 6,56% |
Fresh Vegetables | 4,81% |
Berries | 3,66% |
Nuts & Seeds | 3,36% |
Pomegranates | 1,22% |
Figs | 0,86% |
Dried Fruit | 0,79% |
Canning Fruit | 0,79% |
Tea & Beverages | 0,79% |
Meat | 0,79% |
Flowers & Ornamentals | 1,06% |
Olives | 0,59% |
Bananas | 0,63% |
Persimmons | 0,53% |
Kiwis | 0,43% |
Guavas | 0,46% |
Grain, Bread & Bakery Products | 0,40% |
Granadilla | 0,36% |
Sugar | 0,26% |
Wool / Mohair | 0,16% |
Dragon Fruit | 0,10% |
Dairy Products | 0,10% |
Seasoning & Preservatives | 0,07% |
Eggs | 0,07% |
Pineapples | 0,03% |
Poultry | 0,07% |
Marine | 0,03% |
Other | 1,88% |