• About
    • SIZA Integrated Stakeholder Strategy
  • Why SIZA
    • Subscription Levels & Costs
    • Terms & Conditions
  • Standards
    • Standards Review Process
    • Audit Process Methodology
  • Audit Process
    • Completing the SAQ
    • Choosing An Audit Firm
    • Audit Execution
    • Audit Frequency & Between Audit Monitoring
    • Audit Disputes Process
  • SIZATrack360
    • SIZATrack360 Resources
    • SIZATrack360 FAQs
    • Tracking Impact Data – M&E Reports
  • Training & Support
    • Upcoming Training
    • Resources
  • Grievances
  • SIZA Connect
    • Newsletters
    • Logo Usage
  • Contact
  • info@siza.co.za
  • Helpline: 086 111 1568
  • WhatsApp Line: 079 469 1753
  • MySIZA Platform
The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA)
  • About
    • SIZA Integrated Stakeholder Strategy
  • Why SIZA
    • Subscription Levels & Costs
    • Terms & Conditions
  • Standards
    • Standards Review Process
    • Audit Process Methodology
  • Audit Process
    • Completing the SAQ
    • Choosing An Audit Firm
    • Audit Execution
    • Audit Frequency & Between Audit Monitoring
    • Audit Disputes Process
  • SIZATrack360
    • SIZATrack360 Resources
    • SIZATrack360 FAQs
    • Tracking Impact Data – M&E Reports
  • Training & Support
    • Upcoming Training
    • Resources
  • Grievances
  • SIZA Connect
    • Newsletters
    • Logo Usage
  • Contact

SIZA bied ‘n keuse tussen vyf etiese ouditfirmas

  • Home
  • SIZA Connect Newsletter
  • SIZA bied ‘n keuse tussen vyf etiese ouditfirmas

‘n Mens mag dalk wonder waarom SIZA vyf derdeparty-ouditfirmas erken om SIZA oudits te doen. Die motivering agter so n wye verskeidenheid is om te verseker dat produsente ‘n opsie het om ‘n firma te kies waarmee hulle gemaklik is. Dit verseker ook ‘n meer mededingende en koste-effektiewe benadering. Aangesien SIZA lede in alle provinsies van Suid Afrika en selfs in buurlande woon, verseker ons dat ouditeure in al die provinsies beskikbaar is, wat sodoende tot laer reiskostes lei — wat bydra tot ‘n kostebesparende benadering.

SIZA is trots op die vyf ouditfirmas wat ons erken omdat hulle almal uitstekende akkreditasies en wêreldwye erkenning het. Om te verseker dat koste, keuse, en beskikbaarheid verantwoordelik bestuur word, terwyl geloofwaardigheid vir wêreldmarkte verseker word, sal SIZA altyd probeer om ‘n verskeidenheid van diensverskaffers aan te bied.

Lees hieronder vir meer inligting oor wat hierdie vyf ouditfirmas kan bied.

BSI Group South Africa se ouditeure het baie jare se ondervinding in die globale landboubedryf en verstaan ​​die uiteenlopende behoeftes van produsente, van vrugte- en groenteplase tot in pakhuise en die verspreiding van landbouprodukte. ‘n Belangrike element van BSI se ouditlewerings-kapasiteit is dat oudits in ‘n aantal tale gelewer kan word: Afrikaans, Engels, Sotho, Tswana, Zulu, Shona, Ndebele, en Frans. BSI het ouditeure beskikbaar in Gauteng, Wes-Kaap, Oos-Kaap, en Durban. BSI is deur SIZA goedgekeur om oudits op beide die SIZA etiese- en omgewingstandaarde te doen. Vir meer inligting oor BSI en jou SIZA-oudit, kontak asb:

  • Charlene Holm (holm@bsigrouop.com) / 082 310 0469
  • Christine de Beer (debeer@bsigroup.com) / 064 890 5028
  • https://www.bsigroup.com/en-ZA/industries-and-sectors/food-and-drink/siza/

 

Control Union South Africa Pty Ltd het ‘n grondslag in die landboubedryf en fokus op die ontwikkeling van dienste rondom die volhoubaarheid van die bedryf se verskaffingskettings in die voedsel-, voer-, bosbou-, biomassa-, bio-energie-, sosiale nakomings- en tekstielmarkte. Control Union is goedgekeur om te oudit op beide die SIZA etiese- en omgewingstandaarde en doen ook ander tegniese oudits soos GLOBALG.A.P. Deur die kennis en ervaring van hul plaaslike spanne is Control Union uniek toegerus om die risiko’s wat kliente in ander werelddele in die gesig staar, te kommunikeer en te versag. Control Union het ouditeure beskikbaar  in die Wes-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Vir meer inligting oor Control Union en jou SIZA-oudit, kontak asb:

  • Mariessa Erasmus (merasmus@controlunion.com) / 083 794 2811
  • Melinda Dolby (mdolby@controlunion.com) / 082 458 2898
  • https://certifications.controlunion.com/en

 

NSF Africa (Pty) Ltd vorm deel van ‘n wêreldwye netwerk en het ‘n groot voetspoor in Suid-Afrika. Met baie jare se relevante bedryfservaring is NSF ‘n geakkrediteerde verskaffer van onafhanklike sertifiseringsdienste aan die landbou-, produksie- en verwerkingsbedryf. NSF is goedgekeur om te oudit op beide die SIZA etiese- en omgewingstandaarde. NSF doen ook GLOBALG.A.P. en voedselveiligheidsoudits. NSF het ouditeure regoor die land in al die provinsies. Vir meer inligting oor NSF en jou SIZA-oudit, kontak asb:

  • Elize van der Westhuizen (evanderwesthuizen@nsf.org) / 082 388 0003 (Social)
  • Brian Windsor (bwindsor@nsf.org) / 079 029 6566 (Environmental)
  • https://nsfafrica.com/

 

Partner Africa is ‘n nie-winsgewende maatskappy wat in 50 lande in Afrika werk. Die maatskappy se doel is om die werksomstandighede en lewensbestaan van werkers en produsente in Afrika-verskaffingskettings te verbeter. Partner Africa streef daarna om positief met kliënte in gesprek te tree om die omgewings-, sosiale-, en bestuursrisiko’s in hul organisasie en verskaffingskettings te identifiseer, aan te spreek, en daaroor verslag te doen. Partner Africa is goedgekeur om op die SIZA etiese standaard te oudit. Partner Africa het SIZA-ouditeure beskikbaar in die Wes-Kaap en Gauteng. Vir meer inligting oor Partner Africa en jou SIZA-oudit, kontak asb:

  • Emarie van Schalkwyk (evanshalkwyk@partnerafrica.org )/ +27 (0) 21 680 5397 /083 265 9036
  • Natalie Thomas (nthomas@partnerafrica.org) / +27 (0) 21 680 5397 / 083 393 5760
  • https://www.partnerafrica.org/

 

SGS South Africa (Pty) Ltd is werksaam binne ‘n wye netwerk regoor die wêreld. SGS help organisasies om te verseker dat hulle en hul vennote doeltreffende en hanteerbare prosesse en stelsels het wat voldoen aan die vereistes van belanghebbendes met betrekking tot gehalte, gesondheid en veiligheid, omgewingsbestuur, korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid, en ander gebiede van volhoubare ontwikkeling. SGS is ‘n SIZA-goedgekeurde ouditeursfirma vir die etiese standaard en voer ook GLOBALG.A.P. oudits uit. SGS het SIZA-ouditeure wat in die Wes-Kaap woonagtig is. Vir meer inligting, kontak asb:

  • Chris Rankine (Rankine@sgs.com) / 083 356 5317
  • Irma Lubbe (Lubbe@sgs.com) / 064 763 7504
  • https://www.sgs.co.za/
Tags: BSI, Control Union, Intertek, NSF, Oudit, Partner Africa, SGS

SIZA kapasiteitsbou
Previous Post

SIZA kapasiteitsbou

SIZA offers a choice between five ethical audit firms
Next Post

SIZA offers a choice between five ethical audit firms

Related Posts

SIZA Connect Newsletter February 24, 2025

Why is it important to have the correct PUCs on your account and during an audit?

SIZA Connect Newsletter February 21, 2025

SIZA Sees Significant Improvements after partnering with the Stronger Together Programme since 2017

SIZA Connect Newsletter February 21, 2025

Does Our Business Fall Under Sectoral Determination 13 or Basic Conditions of Employment?

Company

  • About Us
  • Why SIZA
  • Grievances
  • Newsletters
Logo
Navigating sustainability and compliance within South Africa's dynamic agricultural sector.

Contact Information

10 Niblick Way,
Section 5, The Beachhead,
Somerset West 7130 | South Africa
+27(0) 21 852 8184
  • Terms & Conditions
  • Logo Usage
  • MySIZA Platform
Compare list 0