Aan die begin van 2020 het SIZA verskeie versoeke ontvang om die Behuisingsgids vir Landbou vanaf die vorige 2013 weergawe op te dateer. Dié proses was daarop gemik om die nuutste wetgewing, regulasies, en beste praktykbeginsels in te sluit om die handleiding omvattend te maak vir Suid-Afrikaanse produsente en landbou-organisasies. Hierdie riglyn het drie hersieningsprosesse ondergaan waardeur verskillende kundiges, bedryfsleiers, en produsente uit verskillende gebiede en kommoditeite insig en leiding gegee het oor die inhoud. Hierdie inklusiewe proses het ook voorsiening gemaak vir voldoende oorsig oor vereistes.