Die eenvoudige antwoord is ja. Vervoer moet beskikbaar wees tussen die agri-werker se woonplek en werkplek aan die begin en einde van sy nagskof.

Onthou die volgende punte rakende nagwerk:

  1. In landbou word alle werk wat tussen 20:00 en 04:00 verrig word as nagwerk beskou.
  2. Agri-werkers moet instem om nagwerk te verrig.
  3. Werkers moet ‘n nagwerk toelaag van ten minste 10% van hul daaglikse loon ontvang.
  4. Vervoer moet aan die begin en einde van die werkers se nagskof beskikbaar gestel word.
  5. Werkgewers moet alle gesondheids- en veiligheidsrisiko’s aan werkers verduidelik
  6. Op versoek van die landbouwerkers kan ‘n mediese ondersoek uitgevoer word vir die werkgewer se rekening ten opsigte van moontlike gevare vir die werker.
Vir meer informasie rakende nagwerk, raadpleeg die SIZA Etiese Standaard of Sektorale Vasstelling 13, Afdelnig 17 vir regsvoorligting en verduidelikings.