Dit is die werkgewer se verantwoordelikheid om te verseker dat diensverskaffers aan wetsvereistes voldoen, aangesien hulle gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik is vir enige bevindinge wat aangemeld word teen ‘n diensverskaffer wat hulle gekontrakteer het. SIZA bied verdere leiding oor die monitering en evaluering van arbeidsdiensverskaffers. Maak dus seker voordat jy ‘n tydelike arbeidsdiens aanstel dat hulle by SIZA geregistreer is en aan wetsvereistes voldoen. Vir meer inligting besoek die SIZA tydelike diensfverskaffers dokumentleêr.