SIZA het verskeie template en voorbeelde rondom omgewingsvolhoubaarheid ontwikkel waarvan SIZA-lede gebruik kan maak sou hulle dit benodig. Produsente kan hierdie template as ‘n beginpunt beskou om hulle te help op hul reis na volhoubaarheid en omgewingsvereistes. Wanneer ‘n besigheid besluit om van die template gebruik te maak, is dit belangrik dat dit nie slegs alles gekopieer word nie, maar eerder dat die templaat aangepas word sodat dit by die besigheid se eiesoortige operasionele vereistes pas.

Hierdie template is nie verpligtend vir SIZA-lede nie, maar SIZA moedig lede aan om daarvan gebruik te maak wanneer hulle dalk onseker is hoe om die reis na volhoubaarheid te begin.

Die template is in engels en afrikaans beskikbaar en kan gratis vanaf die SIZA-webwerf afgelaai word – volg asseblief die skakel hieronder om toegang daartoe te verkry: https://siza.co.za/environmental-document-templates/