Die SIZA-visie is om ‘n koste-effektiewe benadering aan lede te bied, en om dit te bereik is dit nodig vir SIZA om met globale platforms saam te werk. Kopers verkies om op globale platforms te werk, aangesien hulle uit verskeie lande aankoop en nie net Suid-Afrika nie. Daarom, vir SIZA om aanvaarding te verkry en te behou, sodat produsente slegs een oudit vir sosiale en omgewingsbehoeftes hoef te ondergaan, moet ons produsente se ouditdata deur middel van ‘n platform soos Sedex beskikbaar stel. Dit is uiteraard ‘n markvereiste vir produsente om na sekere lande en organisasies uit te voer.

Daar is twee maniere om die data beskikbaar te stel vir hierdie spesifieke markte:

  1. Produsente kan dit self doen deur ‘n profiel op Sedex te registreer waar hul hul eie persoonlike inligting, self-assesseringsvraelys (SAQ) en ouditinligting moet oplaai; of
  2. Produsente kan via SIZA werk en ons sal die profiele namens hulle behou. Dit is ook belangrik om daarop te let dat die koste baie laer is as SIZA die rekening namens die produsent hanteer (R1 500), aangesien ons ‘n spesiale fooi vir SIZA-lede met Sedex beding het. Hierdie vergunning word aan SIZA toegestaan omdat ons meer as 1 600 produsente se profiele op die Sedex platform op datum hou en verseker dat die mark op almal te alle tye sigbaarheid

As jou data op Sedex is en markte versoek dat ‘n SMETA-oudit ondergaan moet word, verwys hulle gerus na SIZA sodat ons aan hulle kan verduidelik hoe hierdie ooreenkoms tussen SIZA en Sedex werk. Dit is nie nodig om ‘n SMETA-oudit te ondergaan as daar ‘n geldige SIZA-oudit is en die Sedex-profiel deur SIZA bestuur word nie.

Ter inligting is hier ‘n paar statistieke oor die instandhouding van Sedex-profiele:

Vanaf April 2020 het Sedex-lidmaatskap met 4% toegeneem en SIZA bestuur nou altesaam 1 614 profiele op Sedex. Die Britse en Europese markte is baie dankbaar en waardeer SIZA se pogings om profiele op die Sedex-platform op datum te hou, veral omdat oudits onmiddellik opgelaai word nadat dit op MySIZA voltooi is. Sigbaarheid neem toe namate die ledetal toeneem en markte meer skakels aangevra het in vergelyking met vorige jare. SIZA het 166 direkte en 55 indirekte verhoudings met markte en 1 449 profiele is aan verskillende markte gekoppel, terwyl 165 profiele nog nie gekoppel is nie. Gedurende hierdie tydperk is 2 951 skakels aangevra, en 15 nuwe verhoudings is tot stand gebring. Tot op hede het ons ongeveer 2 800 sosiale (etiese) oudits op Sedex gepubliseer, waarvan 523 gedurende hierdie tydperk opgelaai is.

Vir meer inligting oor die SIZA Sedex-verhouding, kontak Lizzy Sebati in die SIZA-kantoor op lizzy@siza.co.za.