PathCare Laboratoriums het ‘n kennisgewing uitgestuur wat verduidelik dat as gevolg van ‘n wêreldwye staking van die Whole Blood Cholinesterase Assay (CHE), PathCare ongelukkig nie meer kan voortgaan om hierdie diens aan te bied nie. CHE word gebruik om te toets vir blootstelling van chemikalieë aan spuit-operateurs, saam met ander individue wat aan gevaarlike chemikalieë blootgestel word. Aangesien die biologiese monitering en bepaling van CHE-vlakke ‘n belangrike faktor tydens etiese oudits is om te bepaal of werkers nie oormatig blootgestel word nie en om bykomende behandelings te identifiseer indien nodig wanneer werknemers blootgestel word, word daar nou van ondernemings verwag om alternatiewe toetse/assesserings te gebruik om te verseker dat die biologiese monitering voortgaan volgens wetlike vereistes.

PathCare en ander laboratoriums het alternatiewe assesserings geïdentifiseer, soos ‘n serum CHE. Alhoewel klinici en beroepsgesondheid-praktisyns potensiële beperkings moet assesseer en daarvan bewus moet wees wanneer serum CHE as ‘n merker gebruik word, sal hierdie alternatief toelaat dat die nodige assesserings gedoen kan word. Besighede moet hul mediese praktisyns en spesifiek die relevante beroepsgesondheid-praktisyns raadpleeg vir die assesserings wat nodig is vir hul chemiese spuit-operateurs as deel van die biologiese monitering.