Oudits is al etlike jare ‘n katalisator om volhoubare verbetering te verseker in die wêreldwye verskaffings-ketting. Die aantal bevindinge in die werkplek is verminder deur ‘n beginsel om voortdurende verbetering te dryf en gereelde evaluasies te doen om vordering te meet. Oudits op plase, pakhuise, verwerkingsfasiliteite en ander werkplekke het ‘n objektiewe meting verskaf om vordering te meet. Tog is oudits nie die enigste oplossing nie.

 

Die SIZA ‘Best Practice’ aanlyn program sal produsente die geleentheid gee om gebiede ten toon te stel waar hulle voel hulle het meer as voldoening bereik, waardevolle en volhoubare praktyke geskep bo en behalwe die ouditproses en minimum vereistes. Voorbeelde van beste praktyke sluit die volgende in: Die verskaffing van ‘n voorsorgfonds, gesondheidsklinieke, sportfasiliteite, crèches, nasorgfasiliteite, opleidings- en ontwikkelingsinisiatiewe, welstandsprogramme vir personeel, hernubare energie-inisiatiewe (sonpanele, windturbines), waterbesparende inisiatiewe, ens.

 

Sodra die besonderhede deur die produsent op die MySIZA-platform gelaai is, sal  SIZA hierdie beste praktyke hersien en indien dit goedgekeur word, sal dit as ‘n ‘Best Practice’ op die produsent se profiel weerspieël word. Dit sal ook, tesame met ander data, sigbaar wees vir kopers waarvoor die produsent toestemming gegee het om sigbaarheid te bekom (bv., uitvoerders, invoerders en supermarkte).

 

As u enige vrae het oor beste praktyke, kontak gerus Clio Borman by clio@siza.co.za.