• About
    • Managing SIZA
  • Why SIZA
    • Subscription Levels & Costs
    • Terms & Conditions
  • Standards
    • Reviewing Standards
    • Audit Process Methodology
  • Audit Process
    • Completing the SAQ
    • Choosing An Audit Firm
    • Audit Execution
    • Audit Frequency & Between Audit Monitoring
    • Audit Disputes Process
  • SIZATrack360
    • SIZATrack360 Resources
    • SIZATrack360 FAQs
    • Tracking Impact Data – M&E Reports
  • Training & Support
    • Upcoming Training
    • Resources
  • Grievances
  • SIZA Connect
    • Newsletters
    • Logo Usage
  • Contact
  • info@siza.co.za
  • Helpline: 086 111 1568
  • WhatsApp Line: 079 469 1753
  • MySIZA Platform
The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA)
  • About
    • Managing SIZA
  • Why SIZA
    • Subscription Levels & Costs
    • Terms & Conditions
  • Standards
    • Reviewing Standards
    • Audit Process Methodology
  • Audit Process
    • Completing the SAQ
    • Choosing An Audit Firm
    • Audit Execution
    • Audit Frequency & Between Audit Monitoring
    • Audit Disputes Process
  • SIZATrack360
    • SIZATrack360 Resources
    • SIZATrack360 FAQs
    • Tracking Impact Data – M&E Reports
  • Training & Support
    • Upcoming Training
    • Resources
  • Grievances
  • SIZA Connect
    • Newsletters
    • Logo Usage
  • Contact

SIZA bied ‘n studie aan oor vroue in die landboubedryf met die fokus op landbou-rolle

  • Home
  • SIZA Connect Newsletter
  • SIZA bied ‘n studie aan oor vroue in die landboubedryf met die fokus op landbou-rolle

‘n Ondersoekende Studie Oor Vroue en Geslagsgelykheid in Suid-Afrikaanse Landbou Loopbane

Kyk die lokprent vir die dokumentêr hier.

SIZA, in samewerking met die Wes-Kaapse Departement van Landbou, is opgewonde om die bekendstelling van ‘n projek aan te kondig wat spesifiek daarop gemik is om meer insig te versamel oor die verteenwoordiging en behandeling van vroue binne die Suid-Afrikaanse landboubedryf met ‘n sterk fokus op loopbane in landbou. Die fokus op geslagsgelykheid en waardigheid van alle mense raak al groter regoor die wêreld, terwyl mense en besighede al meer die waarde agter etiese behandeling van werknemers besef.

Die projek is geloods as ‘n ondersoekende studie wat daarop gemik is om ‘n beter begrip te kry van die aantal vrouens wat aktief in verskeie loopbane en posisies binne die Suid-Afrikaanse landboubedryf betrokke is. Dit is grootliks as gevolg van uitvoermarkte wat meer fokus op geslagsverteenwoordiging binne hul besighede vanaf hul verskaffers vereis. Die studie sluit ‘n kwantitatiewe navorsingskomponent sowel as ‘n kwalitatiewe komponent in. ‘n Onafhanklike navorser het data van verskeie geloofwaardige en akademiese bronne bymekaargemaak en die bevindinge ingesluit wat ingesamel is uit ‘n opname wat aan verskeie industrieë en organisasies dwarsoor Suid-Afrika versprei is. Ná afloop van die aanvanklike data-insameling, is onderhoude met relevante belanghebbendes binne verskeie industrieë uitgevoer om meer insig oor vroulike verteenwoordiging te verkry. Die data is in ‘n navorsingsverslag saamgestel en die onderhoude is beskikbaar as ‘n dokumentêr. As gevolg van COVID-19 regulasies, is die meerderheid van die onderhoude via virtuele platforms gevoer.

Die hoofdoel van hierdie studie is om te bepaal hoeveel vroue in hierdie industrie werksaam is, hoe hulle die werksomgewing as vroue ervaar, wat van die uitdagings is, watter hindernisse vroue in die industrie in die gesig staar, en in watter posvlak hulle aangestel word. Die studie brei ook uit oor watter verantwoordelikhede op mans val en hoe organisasies hulp kan verleen tot die toekoms van almal in die landbou bedryf. Verder, om vir effektiewe en praktiese ondersteuning voorsiening te maak, is die sekondêre doelstellings om vas te stel of vroue op alle vlakke van die bedryf met waardigheid behandel word, en om moontlike hindernisse te identifiseer wat geslagsgelykheid in landbou kan belemmer.

Hierdie navorsingstudie gee alle belanghebbendes ‘n insig tot hoe vroue binne Suid-Afrikaanse landbou verteenwoordig word, die mate waartoe vroue vrygemaak is en behandel word, en moontlike areas waar verbetering bewerkstelling kan word. SIZA wil ook die beperkings identifiseer sodat ons ondersteuning kan bied om te verseker dat vroue in die toekoms beter verteenwoordig word.

Vroue het wêreldwyd ‘n belangrike rol om in die toekoms van die landbou te speel. Hoewel die rol van vroue in die landbou meer erkenning geniet as ‘n paar jaar gelede, kan baie meer gedoen word om vroue in die bedryf te ondersteun. SIZA is opgewonde om hierdie projek te loods en ‘n beter blik op die vroue binne ons bedryf te lewer. Dit is op die ou end nie net oor vroue nie, maar oor die wyer bedryf en die samelewing in die algemeen en hoe die rolle gaan verander soos wat meer vroue in die werkplek intree.

  • Om die navorsingstudie te besigtig, besoek: https://siza.co.za/WP-Content/uploads/2020/07/women-in-Agriculture-Research-REPORT-2020-Print-VERSION.PDF
  • Om die videos te besigtig, besoek: https://www.youtube.com/playlist?list=PLo9T0F31nAPmIIew1eCHI7QfRbCv8dVwT

 

Vir meer inligting kontak Retha Louw (Retha@siza.co.za) of Werner van Dyk (werner@siza.co.za) of Tel (021) 852 8184

Tags: Vroue in Landbou, Women Dignity

SIZA presents a study on the representation of women in agriculture with a focus on agricultural careers
Previous Post

SIZA presents a study on the representation of women in agriculture with a focus on agricultural careers

Self-Assessment Questionnaire (SAQ) Dates
Next Post

Self-Assessment Questionnaire (SAQ) Dates

Related Posts

SIZA Connect Newsletter June 20, 2025

Arranging a SIZA Social or Environmental Audit: Who to Contact and How to Choose

SIZA Connect Newsletter June 20, 2025

Understanding Risk Allocation in Audits: What It Means and How It Works

SIZA Connect Newsletter June 20, 2025

Don’t Miss Out: Why Staying Connected with SIZA Matters

Company

  • About Us
  • Why SIZA
  • Grievances
  • Newsletters
Logo
Navigating sustainability and compliance within South Africa's dynamic agricultural sector.

Contact Information

10 Niblick Way,
Section 5, The Beachhead,
Somerset West 7130 | South Africa
+27(0) 21 852 8184
  • Terms & Conditions
  • Logo Usage
  • MySIZA Platform