Siekteverlof is nie net betaalbaar wanneer ‘n siekbrief voorsien word nie. Dit is belangrik dat werkgewers onthou dat werknemers minstens twee dae siekteverlof mag neem sonder om ‘n siekbrief of brief van ‘n dokter of kliniek in te dien. Slegs wanneer die werknemer drie dae of langer siek is of op meer as twee geleenthede tydens ‘n tydperk van agt weke, kan die werkgewer ‘n mediese sertifikaat/siekbrief aanvra.
Hou duidelike rekords om aan te toon dat siekteverlof toegestaan word – sommige werkgewers hou byvoorbeeld ‘n siekteverlofregister wat die dae dat werknemers as gevolg van siekte/besering afwesig is, aandui. Dit kan maklik met die betaalrekords vir daardie tydperk vergelyk word om aan te dui of die siekteverlof betaal is of nie. ‘n Siekteverlofregister is ook ‘n goeie manier om rekords van afwesigheid te hou om tendense te identifiseer. Maak ook seker dat die reëls rakende siekteverlof tydens induksie bespreek word, sodat werknemers verstaan dat dit noodsaaklik is om slegs siekteverlof te gebruik wanneer dit nodig is.
Vir meer inligting, sien die SIZA Sosiale/Etiese Standaard, kode-vereiste 8.2.5: https://siza.co.za/wp-content/uploads/2020/01/SIZA_Social_Standard_February_2020_V6.0.pdf