• About
    • Managing SIZA
  • Why SIZA
    • Subscription Levels & Costs
    • Terms & Conditions
  • Standards
    • Reviewing Standards
    • Audit Process Methodology
  • Audit Process
    • Completing the SAQ
    • Choosing An Audit Firm
    • Audit Execution
    • Audit Frequency & Between Audit Monitoring
    • Audit Disputes Process
  • SIZATrack360
    • SIZATrack360 Resources
    • SIZATrack360 FAQs
    • Tracking Impact Data – M&E Reports
  • Training & Support
    • Upcoming Training
    • Resources
  • Grievances
  • SIZA Connect
    • Newsletters
    • Logo Usage
  • Contact
  • info@siza.co.za
  • Helpline: 086 111 1568
  • WhatsApp Line: 079 469 1753
  • MySIZA Platform
The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA)
  • About
    • Managing SIZA
  • Why SIZA
    • Subscription Levels & Costs
    • Terms & Conditions
  • Standards
    • Reviewing Standards
    • Audit Process Methodology
  • Audit Process
    • Completing the SAQ
    • Choosing An Audit Firm
    • Audit Execution
    • Audit Frequency & Between Audit Monitoring
    • Audit Disputes Process
  • SIZATrack360
    • SIZATrack360 Resources
    • SIZATrack360 FAQs
    • Tracking Impact Data – M&E Reports
  • Training & Support
    • Upcoming Training
    • Resources
  • Grievances
  • SIZA Connect
    • Newsletters
    • Logo Usage
  • Contact

Semi-Aangekondigde en Onaangekondigde Oudits

  • Home
  • SIZA Connect Newsletter
  • Semi-Aangekondigde en Onaangekondigde Oudits

Wat beteken dit om ‘n semi-aangekondigde of onaangekondigde oudit te doen omdat u koper dit versoek?

As ‘n produsent ‘n kennisgewing van hul koper ontvang wat vereis dat semi-aangekondigde of onaangekondigde oudits die vereiste ouditmetode moet wees, is die volgende belangrik:

  • Vind uit wanneer die oudit geïmplementeer moet word. Moet ‘n nuwe oudit onmiddellik gedoen, of is dit slegs nodig vir om dié tipe oudit met die volgende ouditsiklus te doen?
  • As u aan meer as een mark lewer, moet u verseker dat al u kopers die tipe oudit wat u kies, sal aanvaar.
  • Onthou altyd om die geldigheid van u ouditdokumente as deel van die voorbereiding vir die komende seisoen te kontroleer om seker te maak dat die besigheid ‘n geldige ouditvoltooiingsbrief (sertifikaat) vir die hele seisoen het om aan kopers voor te lê.

Hoe ondersteun SIZA u om aan hierdie markvereiste te voldoen?

Om aan die versoek van u koper te voldoen, het SIZA ‘n opsie op die MySIZA-platform geïmplementeer, waar u as produsent kan kies watter tipe oudit u benodig, gebaseer op die vereistes van die koper. Hier is die verskille tussen die vier tipes ouditversoeke:

  • Onaangekondig (die werksplek het geen vooraf waarskuwing oor wanneer die oudit sal plaasvind nie, tot 24 uur voor die ouditdatum).
  • Semi-aangekondig (die werksplek is bewus daarvan dat ‘n oudit gedurende ‘n gegewe tydperk sal plaasvind, maar die werklike datum van oudit word eers 48 tot 24 uur voor die werklike datum met die besigheid gedeel).
  • Aangekondig (op ‘n geskikte datum ooreengekom tussen die ouditfirma en die besigheid).
  • Gekombineer (dit verwys na of die SIZA sosiale/etiese oudit gekombineer kan word met WIETA, of in die geval van SIZA Omgewingsoudits, of dit gekombineer moet word met die produsent se GLOBALG.A.P. IFA -oudit).

Produsente moet verseker dat hulle bewus is van watter tipe oudit deur ‘n spesifieke mark vereis word, voordat hulle ‘n keuse op die MySIZA platform maak en dit duidelik aan die gekose ouditfirma kommunikeer. Nadat die ouditfirma die versoek ontvang het vanaf die platform, is dit belangrik om seker te maak dat die oudit volgens u vereistes geskeduleer word. Dit moet voor die dag van die oudit uitgeklaar word.

Hoe om ‘n oudit op die MySIZA-platform te versoek?

  1. ‘n Produsent moet ‘n goedgekeurde SAQ hê voordat ‘n oudit aangevra kan word.
  2. Gaan dan na die nuutste goedgekeurde SAQ op die MySIZA-platform en kies die ouditfirma wat u graag wil gebruik.
    1. Dui dan aan of die oudit aangekondig, semi-aangekondig of onaangekondig moet wees.
    2. Dui dan ook aan of die oudit ‘n gekombineerde oudit moet wees (dit wil sê SIZA/WIETA of SIZA Environmental/GLOBALG.A.P.).
  3. As die oudit aangekondig moet wees, soos in die verlede, sal die ouditfirma die oudit beplan vir ‘n datum waarop met besigheid ooreengekom is, en die primêre kontak sal ‘n e-posbevestiging ontvang met hierdie datum.
  4. As die oudit semi-aangekondig of onaangekondig moet wees, sal die ouditfirma die vensterperiode van die oudit voorlopig skeduleer. Dit beteken enige tydperk tussen twee weke en twee maande waartydens die oudit sal plaasvind.
  5. Die produsent sal slegs 48 tot 24 uur voor die werklike datum in kennis gestel word.

Vir meer inligting, kontak gerus vir Werner van Dyk by die SIZA-kantoor by 021 852 8184 werner@siza.co.za.

Tags: Gekombineerde oudit, Onaangekondigde oudit, Oudit, Semi-aangekondigde oudit

Semi-Announced and Unannounced Audits
Previous Post

Semi-Announced and Unannounced Audits

The Importance of Understanding the Legislation around Employment Contracts
Next Post

The Importance of Understanding the Legislation around Employment Contracts

Related Posts

SIZA Connect Newsletter June 20, 2025

Arranging a SIZA Social or Environmental Audit: Who to Contact and How to Choose

SIZA Connect Newsletter June 20, 2025

Understanding Risk Allocation in Audits: What It Means and How It Works

SIZA Connect Newsletter June 20, 2025

Don’t Miss Out: Why Staying Connected with SIZA Matters

Company

  • About Us
  • Why SIZA
  • Grievances
  • Newsletters
Logo
Navigating sustainability and compliance within South Africa's dynamic agricultural sector.

Contact Information

10 Niblick Way,
Section 5, The Beachhead,
Somerset West 7130 | South Africa
+27(0) 21 852 8184
  • Terms & Conditions
  • Logo Usage
  • MySIZA Platform