• About
    • Managing SIZA
  • Why SIZA
    • Subscription Levels & Costs
    • Terms & Conditions
  • Standards
    • Reviewing Standards
    • Audit Process Methodology
  • Audit Process
    • Completing the SAQ
    • Choosing An Audit Firm
    • Audit Execution
    • Audit Frequency & Between Audit Monitoring
    • Audit Disputes Process
  • SIZATrack360
    • SIZATrack360 Resources
    • SIZATrack360 FAQs
    • Tracking Impact Data – M&E Reports
  • Training & Support
    • Upcoming Training
    • Resources
  • Grievances
  • SIZA Connect
    • Newsletters
    • Logo Usage
  • Contact
  • info@siza.co.za
  • Helpline: 086 111 1568
  • WhatsApp Line: 067 083 1640
  • MySIZA Platform
The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA)
  • About
    • Managing SIZA
  • Why SIZA
    • Subscription Levels & Costs
    • Terms & Conditions
  • Standards
    • Reviewing Standards
    • Audit Process Methodology
  • Audit Process
    • Completing the SAQ
    • Choosing An Audit Firm
    • Audit Execution
    • Audit Frequency & Between Audit Monitoring
    • Audit Disputes Process
  • SIZATrack360
    • SIZATrack360 Resources
    • SIZATrack360 FAQs
    • Tracking Impact Data – M&E Reports
  • Training & Support
    • Upcoming Training
    • Resources
  • Grievances
  • SIZA Connect
    • Newsletters
    • Logo Usage
  • Contact

Omgewings Tweedeparty-Verifïering – Die Eerste Stap tot Omgewingsvolhoubaarheid

  • Home
  • SIZA Connect Newsletter
  • Omgewings Tweedeparty-Verifïering – Die Eerste Stap tot Omgewingsvolhoubaarheid

SIZA het die omgewings tweede-party verifïeringsprogram geïmplementeer as deel van sy strewe na voortdurende verbetering en om omgewingsrisiko’s in die landbousektor te bestuur. Met die visie om Suid-Afrikaanse landbou ‘n wêreldleier op die gebied van volhoubaarheid en omgewingsbestuur te maak, is die program ontwikkel om goeie omgewingspraktyke op plase en in pakhuise te evalueer en daaroor verslag te doen. Deur die huidige praktyke op plase te evalueer en op die instandhouding van die omgewing te fokus, sal die program die plaas help om volhoubare praktyke volgens die vier hoekstene van die omgewing, naamlik grond; water; energie, materiale en afval; en biodiversiteit, te implementeer..

Die ontwikkeling van volhoubare praktyke bespaar kostes en lei tot die doeltreffende bestuur van besighede. Daarom is volhoubare landbou praktyke nodig om grond, water, materiale, en energie doeltreffend te benut, terwyl die omgewing terselfdertyd versorg word. Die Omgewings tweede-party verifïeringsprogram sal die besigheid dus help om omvattende bestuurstelsels te implementeer, risiko’s te bestuur, en om sleutelprestasie-aanwysers oor die vier hoekstene van die omgewing te verbeter.

Grond – Die verifïeringproses kan produsente help om die risiko’s verbonde aan die agteruitgang van grond (soos erosie, verdigting, en verbrakking) te bestuur, wat sal help om hierdie nie-hernubare hulpbron waarsonder ons nie kan boer nie te bewaar. Verder kan die implementering van grondverbeteringspraktyke (soos dekgewasse, terugwerking van snoeireste, en die verhoging van organiese materiaal in die grond) help om die grondgesondheid op lang termyn te verhoog. Deur grond- en plantvoedingstowwe te ontleed, sal dit ook verseker dat slegs die nodige hoeveelhede kunsmis toegedien word, wat weer insetkostes sal verlaag en die risiko’s van oorbemesting en besoedeling uitskakel.

Water – Aangesien landbou ‘n waterintensiewe bedryf is, sal die verifïeringsproses die besigheid help om op hoogte te bly van die wetlike vereistes rakende watergebruik, en om die doeltreffendheid waarmee besproeiingswater gebruik word, te verbeter. Die berekening van die waterverbruiksdoeltreffendheid (WVD) van ‘n gewas, dit wil sê die hoeveelheid water gebruik per kilogram geproduseer, is een van die maklikste maniere om te bepaal hoe goed plase hul water bestuur. Dit sal help om gebiede te identifiseer waar meer akkurate besproeiingspraktyke nodig mag wees.

Energie, Materiale en Afval – Aangesien energieverbruik een van die belangrikste bydraers tot klimaatsverandering is, sal die verifïeringsproses die bestuur help om aktiwiteite binne die besigheid te identifiseer wat energie-intensief is, sowel as om energiebesparingstrategieë te implementeer. Die implementering van sulke strategieë help nie net om die gevolge van klimaatsverandering te bestry nie, maar verminder ook direkte energiekostes (elektrisiteit, brandstof, en kunsmis) vir plase. Die doeltreffende bestuur van afval op plase is nie altyd ‘n maklike taak nie. Tydens die verifïëringsproses sal daar aan plase hulp verleen word oor wat prakties op hul eie plase geïmplementeer kan word om aan die wetlike vereistes te voldoen, maar ook om te verseker dat afval so doeltreffend moontlik bestuur word om omgewingsrisiko’s en besoedeling te verminder.

Biodiversiteit – As Suid-Afrikaanse burgers het ons die verantwoordelikheid teenoor mekaar en ons omgewing om seker te maak dat gebiede met kritieke ekosisteemfunksie te alle tye beskerm word. Die verifïeringsproses sal die besigheid help om bewaringsareas te identifiseer, asook wat gedoen kan word om hierdie gebiede te beskerm. Die herstel en bewaring van sulke gebiede sal help om die inheemse bevolking van biodiversiteit op die eiendom te verbeter, wat baie voordele inhou in terme van geïntegreerde plaagbeheer. Prioritisering van gebiede vir die skoonmaak van indringerplante sal ook deel vorm van die verifiëringsproses. Die voordele van doeltreffende skoonmaak en bestuur van indringerplante sluit onder ander verbeterde waterbeskikbaarheid in die gebied en die verlaging van brandrisiko’s in, wat verband hou met die hoë digtheid van indringerplante.

Sedert die SIZA omgewings tweede-party verifïeringsprogram twee jaar gelede geïmpimenteer is, het dit reeds vordering en suksesse geïllustreer waar produsente begin fokus het op die meting en monitering van hul insette. Dit het hulle gehelp om areas waar verbetering nodig is te identifiseer en om proaktief te reageer op die bestuur van hul omgewingsrisiko’s. Die SIZA die omgewings tweede-party verifïeringsprogram is ‘n wen-wen-resep vir almal wat daarby betrokke raak.

Tags: Environmental, Second-party verifications

Environmental Second-Party Verification – The Stepping Stone towards Reaching Environmental Sustainability
Previous Post

Environmental Second-Party Verification – The Stepping Stone towards Reaching Environmental Sustainability

Verbal Abuse
Next Post

Verbal Abuse

Related Posts

SIZA Connect Newsletter November 20, 2025

Compliance Doesn’t Take a Holiday

SIZA Connect Newsletter November 20, 2025

Having Trouble Logging into Your MySIZA Account? Here’s How to Get Back Online Quickly

SIZA Connect Newsletter November 20, 2025

It’s the holidays! But does this mean we should be wasteful?

Company

  • About Us
  • Why SIZA
  • Grievances
  • Newsletters
Logo
Navigating sustainability and compliance within South Africa's dynamic agricultural sector.

Contact Information

10 Niblick Way,
Section 5, The Beachhead,
Somerset West 7130 | South Africa
+27(0) 21 852 8184
  • Terms & Conditions
  • Logo Usage
  • MySIZA Platform