Mediese toesig is ‘n beplande mediese program met gereelde ondersoeke, wat kliniese ondersoeke, biologiese monitering en/of mediese toetsing van werknemers kan insluit. Die doel van die program is om vas te stel of ‘n werker aan enige negatiewe gevolge ly as gevolg van spesifieke gevare in die werkplek wat tydens die gevaarontleding en risiko-identifiseringsproses geïdentifiseer is, asook die doeltreffendheid van werksplekbeheermaatreëls. Mediese toesig kan ook in sekere gevalle ‘n wettige vereiste wees, byvoorbeeld vir werknemers wat in ‘n hoë geraasomgewing werk, of as hulle met chemikalieë werk.
Wie mag Beroepsgesondheid Mediese Toetse doen?
- Beroepsgesondheids verpleegspraktisyn: ‘n Persoon wat ‘n geregistreerde verpleegkundige is met die nodige kwalifikasies om beroepsveiligheid gesondheidsdienste aan werknemers en werkgewers in die werkplek te verskaf.
- Beroepsgesondheidspraktisyn: ‘n Persoon wat ‘n geregistreerde geneesheer is met die nodige kwalifikasies om beroepsveiligheid gesondheidsdienste aan werknemers en werkgewers in die werkplek te verskaf.
Dit is belangrik dat die werkgewer die werknemer in kennis stel van die redes en prosedures vir mediese toesig voordat dit uitgevoer word.
Vir meer inligting oor mediese toesig oor werknemers, sien die SIZA-gids vir gesondheids- en veiligheidsbestuur: https://siza.co.za/wp-content/uploads/2020/07/SIZA-Guide-to-Health-and-Safety-Management-V01.pdf