Die bestuur van persoonlike data is nooit ‘n maklike taak nie. SIZA, tesame met sy lede en geregistreerde konsultante, moet te alle tye ‘n wettige en eties-verantwoordelike metode verseker vir toegang tot- en die deel van data. Om moontlike uitdagings en onwettige gedrag te bekamp, berus die verwagting by lede om hul eie profiele te bestuur en nie hul intekenbesonderhede met ander te deel nie. Dit is dikwels ‘n verwagting dat eksterne konsultante hierdie rekeninge namens die lid moet bestuur, en dan is toegang tot hul profiel gegee. Ingevolge die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) mag persoonlike inligting nie gedeel word sonder die nodige skriftelike toestemming van alle betrokke partye nie. Konsultante moet ook asseblief onthou dat die vereistes, soos saamgevat in die POPI Wetgewing geïmplementeer moet word binne die hele waarde-ketting, m.a.w. tussen werknemer en werkgewer ook. Indiensnemingskontrakte moet dus ooreenkomstig aangepas word.
SIZA het die vlak 8-profielopsie aan die einde van 2020 geïmplementeer vir geregistreerde en erkende konsultante waardeur konsultante afsonderlik toegang tot hul kliënte se profiele gegee kan word, deur hulle as sekondêre konsultante by die lid se profiel by te voeg. Die vlak 8-profiel bied ‘n algemene oorsig van al hul kliënte en maak die bestuur van inligting oor ‘n profiel baie makliker. Hierdie registrasie voorsien ook aan konsultante die moontlikheid om as Remedy Program te registreer waar hulle besonderhede sigbaar sal wees aan alle SIZA-lede wat hulp benodig met ouditregstellings van sekere bevindinge na afloop van ‘n derde-party oudit.
Een van die 29 geregistreerde konsultante, Cornel Lourens van Compufarm CC t/a Microfarm, het opgemerk dat dit baie nuttig is om die lys van kliënte se SAQ se begin- en einddatums te sien. Dit bied ‘n meer gestruktureerde fokus- en beplanningsbenadering vir beide lid en konsultant. “Die terugvoer wat ontvang word nadat die SAQ voltooi is, is maklik toeganklik en omvattend genoeg om presies te verstaan wat verder benodig word“. Die vlak 8-profiel stel konsultante in staat om die nodige inligting oor die SAQ in te vul soos hulle dit van die lid ontvang.
‘n Ander geregistreerde konsultant, Elna Meissner van HESQ Solution, het verduidelik dat dit belangrik is dat die kliënt by die proses betrokke bly. “Die platform bied die unieke geleentheid vir konsultante om kliënte te lei en te help sonder om hulle met ‘n lepel te voer. Die verantwoordelikheid bly steeds by elke kliënt om die stelsels deur die loop van die jaar in hul besigheid te implementeer ”. Meissner het verder opgemerk dat ‘n groot voordeel van die SIZA-program is om voortdurende verbetering te verseker deurdat die voltooiing en opdatering van inligting jaarliks vereis word. Lourens en Meissner het kommentaar gelewer oor hoe maklik die MySIZA-platform navigeer en beklemtoon dat dit beslis waarde bydra tot die algehele proses en om die onderneming se bedryfsvereistes volhoubaar te bestuur.
SIZA wil graag elke konsultant wat reeds by SIZA geregistreer is bedank vir hul voortdurende dryf om verbetering in Suid-Afrikaanse landbou en buurlande te bewerkstelling. Die huidige geregistreerde konsultante is hieronder gelys:
Besigheid/Assosiasie | Primêre Kontak | Epos |
Anita Smit Agri Consult | Anita Smit | anita@asconsult.co.za |
Barvallei Personeel Dienste | Reynette Joubert | admin@bvpd.co.za |
Basic Agri Solutions | Eben de Flamingh | eben@basicagrisolutions.co.za |
Chill Agricultural Consultant | Christa Hill | chill@compnet.co.za |
Compufarm CC t/a Microfarm | Cornel Lourens | consult@microfarm.co.za |
CT HR Services | Candice Terink | cthrservices@outlook.com |
Ethical Compliance A-Z | Carol Munro | talliebusiness@gmail.com |
Ethical Solutions (Pty) Ltd | Leon Diederichs | leon@eli.co.za |
EZ Agri (Pty) Ltd | Melinda Viljoen Dolby | melinda@ezagri.co.za |
Farmkonsult (Pty) Ltd | Laurean Young | laurean@farmkonsult.co.za |
Fira Consultancy | Minet Schmidt | minetschmidt2@gmail.com |
Fire Engineering Solutions | Markus Swart | markus@fesol.co.za |
G Lombard Consulting | Gwen Lombard | gwenconradie@gmail.com |
GikaGAP Konsultasie | Anneke van Dyk | anneke_vd@breede.co.za |
Heleen Rossouw | Heleen Rossouw | lientjieros@gmail.com |
HESQ SOLUTION | Elna Meissner | meissner.elna@gmail.com |
HopkinsCoetzee Assosiate PTY (Ltd) | Johan Hopkins | johan@hopcal.co.za |
Jani Gaybba | Jani Gaybba | janigaybba2@gmail.com |
Kaap Agri Werkgewers Organisasie | Johan Hopkins | caeo@maxitec.co.za |
Leeuwklip | Lionel Bisschoff | diy@ctecg.co.za |
Lynda Schwulst | Lynda Schwulst | ljs.globalgap@gmail.com |
M Pretorius Consultant | Marisa Pretorius | systems@tzamac.co.za |
Masunel CC t/a Procare Western Cape | Petra Nel | petra@procare.co.za |
Patricia Hanekom | Patricia Hanekom | patricia@ablingdezigns.co.za |
Skyvines cc | Francois Brink | francois@skyvines.co.za |
Stinga Consulting and Trading | Tom Mabesa | tom@stinga.co.za |
Stronger Together South Africa | Abraham Daniels | abraham@stronger2gether.org |
Tag Consulting | Anna De Kock | dekockansie@yahoo.com |
Total Solution Partners (Pty) Ltd | Marjorie Smith | marjoriesmithza@gmail.com |
As u ‘n konsultant is wat saam met SIZA-lede werk, kontak asb vir Lynn Taute by (021) 852 8184/lynn@siza.co.za om as ‘n vlak 8 op MySIZA te registreer.