Die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (OHSA) kragtens artikel 18 vereis dat ‘n werkgewer een of meer komitees vir gesondheid en veiligheid moet instel. Die wet bepaal verder dat daar ten minste een gesondheids- en veiligheidsverteenwoordiger vir elke 50 werknemers in die werkplek moet wees. Gesondheids- en veiligheidskomiteevergaderings moet so gereeld as nodig gehou word, maar moet minstens een keer elke drie maande plaasvind.

Wat is die rol en funksie van die komitee?

Die gesondheids- en veiligheidskomitee het die volgende rol en funksie in die werkplek:

  • Om aanbevelings aan die werkgewer te maak oor aangeleenthede wat die gesondheid en veiligheid van werknemers by die werkplek beïnvloed.
  • Om enige voorval by die werkplek te bespreek waar ‘n werknemer ‘n besering opgedoen het, siek geword het of gesterf het.
  • Om rekords te hou van aanbevelings wat aan die werkgewer gemaak is en verslae wat aan ‘n inspekteur gemaak is.

Let wel: Dit is die werkgewer se verantwoordelikheid om toe te sien dat die gesondheids- en veiligheidskomitee ten minste elke drie maande vergader en dat die komitee sy pligte volgens die voorgeskrewe wet uitvoer.

Vir meer inligting, sien die SIZA Gesondheid- en Veiligheidsgids.