As deel van die SIZA-bepalings en -voorwaardes moet elke lid sorg dat hy aktief betrokke bly by die oorsig en instandhouding van sy eie lidmaatskapprofiel. Dubbele registrasies kan vir SIZA-lede en ook vir gekoppelde lede, teenstrydighede en probleme veroorsaak, daarom is dit belangrik om altyd te sorg dat u slegs die profiel(e) wat u benodig een keer registreer.
SIZA-admin het ‘n paar verskillende scenario’s opgemerk wat lei tot duplisering van profiele.
- Wanneer ‘n nuwe profiel vir die eerste keer geregistreer word, skep sommige lede duplikaatprofiele. Dit kan te wyte wees aan die feit dat twee mense in dieselfde onderneming ‘n nuwe MySIZA-profiel registreer, of dat mense soms nie seker is of die registrasie die eerste keer suksesvol was nie, en daarom registreer hulle weer.
- Wanneer dit tyd is vir hernuwing van lidmaatskap, registreer sommige lede weer en skep hulle ‘n nuwe profiel in plaas van om die lidmaatskap op hul huidige profiel te hernu. Neem kennis daarvan dat alhoewel die lidmaatskap verstryk het, dit nogsteeds nie nodig is om weer te registreer nie, aangesien die vervalde profiel weer geaktiveer kan word met die betaling van die uitstaande ledegeld.
- As u ‘n duplikaatprofiel het, sal dit ‘n duplisering van koste vir u besigheid tot gevolg hê, asook verwarring en wantroue onder verkopers, invoerders, en uitvoerders skep oor watter profiel korrek is. Onthou, die SIZA-lidmaatskapprofiele is gekoppel aan ander platforms soos Sedex en GLOBALG.A.P. As u ‘n duplikaatprofiel het, sal hierdie profiele ook gedupliseer word, en u data sal nie volledig wees nie. Dit is baie belangrik dat al u vorige SAQ- en ouditdata by u profiel ingesluit word op alle platforms wat met u kopers verband hou. Verder kan u lidmaatskapdata op MySIZA nie oorgedra word as ‘n nuwe profiel geregistreer word in plaas van om u huidige lidmaatskap te hernu nie, wat beteken dat oudit- en SAQ-data verlore gaan en slegs teen n addisonele fooi weer vasgelê kan word.
- As u ‘n duplikaatprofiel skep en die oorspronklike profiel onaktief word, sal enige oudit wat op die oorspronklike profiel uitgevoer is, nie meer geldig wees nie, tesame met die Oudit-voltooiingsbrief wat nie meer op die duplikaatprofiel gebruik sal kan word nie, aangesien die lidmaatskapnommers sal verskil. As daar ook dubbele profiele is wat dieselfde GLOBALG.A.P. of Sedex-nommers, sal dit foute veroorsaak met die API-skakel wat gebruik word om data tussen platforms oor te dra deur middel van u GLOBALG.A.P. of Sedex lidmaatskapnommer. Daar sal ook ‘n finansiële las wees, want daar word betaal vir die duplikaatprofiele en hulle sal op MySIZA, Sedex en GLOBALG.A.P. verwyder moet word. Daarom is dit uiters belangrik om op u profiel te let en te sorg dat geen duplisering onnodig plaasvind nie.
As u nie seker is of ‘n profiel reeds geregistreer is nie, of as u enige vrae het met betrekking tot u MySIZA-profiel, skakel die SIZA-kantoor by (021) 852 8184 of stuur ‘n e-pos aan Lynn Taute (lynn@siza.co.za).