As deel van ledegeld bied SIZA ‘n verskeidenheid inisiatiewe vir opleiding en kapasiteitsbou. Dit is belangrik dat lede gereeld opleiding bywoon sodat hulle op hoogte kan bly van nuwe inisiatiewe en veranderinge aan die SIZA-program en MySIZA-platform.
Hier onder is die verskillende beplande opleidingsdatums vir virtuele opleidingsessies in die eerste kwartaal van 2021. Om vir enige van ons opleidingsessies te registreer, stuur ‘n e-pos aan Jo-Anne September op jo-anne@siza.co.za om u plek te bespreek, aangesien die plek per opleidingsessie beperk is.
MySIZA-platformopleiding:
Produsente: Donderdag 25 Februarie @ 09:00 – 10:00
Invoerders: Woensdag 24 Maart @ 09: 00 – 10:00
Aanlyn webinar vir sosiale nakoming:
Woensdag 10 Februarie @ 08:30 – 13:00
Woensdag 10 Maart @ 08:30 – 13:00
Aanlyn webinar vir omgewings-nakoming:
Woensdag 17 Februarie @ 08:30 – 13:00
Dinsdag 16 Maart @ 08:30 – 13:00
SIZA sosiale (etiese) video’s vir agri-werkers
SIZA bied ‘n nuwe reeks nakomingsvideo’s vir agri-werkers in Afrikaans, Engels en isiXhosa aan, wat op die onderstaande skakels beskikbaar is.
Afrikaans: https://www.youtube.com/playlist?list=PLo9T0F31nAPmWttgc0Q0RlnXe5RZBOhG5
Engels: https://www.youtube.com/playlist?list=PLo9T0F31nAPkTkE0_WH8eh7oXu6V6Eu-8
isiXhosa: https://www.youtube.com/playlist?list=PLo9T0F31nAPlB4GR9shmcMeFcq8hxRMh2
Omdat internetverbinding en datapryse vir sommige ‘n probleem kan wees, is hierdie video’s op aanvraag ook beskikbaar in ‘n lae-data WhatsApp-formaat. Stuur ‘n e-pos aan Carmen Botes (carmen@siza.co.za) om die WhatsApp-weergawes van hierdie video’s aan te vra.
SIZA sorg vir die omgewing
Om agri-werkers bewus te maak van die behoud van die omgewing, het SIZA ‘n Bewaar die Omgewing-video in Afrikaans en Engels saamgestel. Hierdie video’s word ondersteun deur plakkate wat in areas vir agri-werkers vertoon kan word. Dit is belangrik om te verstaan dat die versorging van die omgewing nie ‘n keuse is nie, maar iets wat ons almal sal moet implementeer en in belê. Hierdie video kan op die onderstaande skakels afgelaai word.
Afrikaans: https://www.youtube.com/watch?v=Y6nIHNPqPrQ&ab_channel=SizaSouthAfrica
Engels: https://www.youtube.com/watch?v=xxlYH7EErqY&ab_channel=SizaSouthAfrica
SIZA-plakkate vir sosiale en omgewingsbeginsels is beskikbaar by die SIZA-kantoor in Afrikaans, Engels, en isiXhosa. Plakkate word gratis aan SIZA-lede verskaf, maar die lid is wel aanspreeklik vir posgeld waarvoor fakture uitgemaak sal word. Alternatiewelik is die plakkate gratis in digitale formaat beskikbaar om na u eie gemak gedruk te word. Om plakkate te bestel, kontak Jo-Anne September op jo-anne@siza.co.za of (021) 852 8184.