• About
  • Why SIZA
  • Standards
  • Audit Process
  • SIZATrack360
  • Training & Support
  • Grievances
  • SIZA Connect
  • Contact
  • info@siza.co.za
  • Helpline: 086 111 1568
  • WhatsApp Line: 067 083 1640
  • MySIZA Platform
The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA)
  • About
    • Managing SIZA
  • Why SIZA
    • Subscription Levels & Costs
    • Terms & Conditions
  • Standards
    • Reviewing Standards
    • Audit Process Methodology
  • Audit Process
    • Completing the SAQ
    • Choosing An Audit Firm
    • Audit Execution
    • Audit Frequency & Between Audit Monitoring
    • Audit Disputes Process
  • SIZATrack360
    • SIZATrack360 Resources
    • SIZATrack360 FAQs
    • Tracking Impact Data – M&E Reports
  • Training & Support
    • Upcoming Training
    • Resources
  • Grievances
  • SIZA Connect
    • Newsletters
    • Logo Usage
  • Contact

Om die omgewing te bewaar is nie ‘n keuse nie, dit is ‘n verantwoordelikheid

  • Home
  • SIZA Connect Newsletter
  • Om die omgewing te bewaar is nie ‘n keuse nie, dit is ‘n verantwoordelikheid

Die SIZA Omgewingsprogam is ontwikkel om verskaffers in die landbousektor te help om aan Suid-Afrikaanse omgewingswetgewing en die groeiende vereistes van globale markte om meer omgewingsvolhoubaar te voorsien, te voldoen. Deelname aan die SIZA Omgewingsprogam beteken soveel meer as om net aan wetgewings- en marksvereistes te voldoen — dit is ‘n leefwyse, en dit is van kardinale belang om die enigste planeet wat ons het, te beskerm. Die volhoubare bestuur van ons beperkte natuurlike hulpronne (soos grond, water, en fossielbrandstowwe) en die beskerming van ons ekosisteme is krities om te verseker dat ons kan aanhou om genoeg voedsel vir ‘n groeiende wêreldpopulasie te verbou en verwerk. Elke persoon op aarde het ‘n impak op die omgewing en dit is elkeen van ons se eie verantwoorodelikheid om seker te maak dat dit ‘n positiewe en bydraende  impak is.

Om ons lede by te staan met die implimentering van praktyke wat die omgewing bewaar, het SIZA twee soortgelyke, maar onafhanklike omgewingsprogramme saamgestel — die een genaamd die tweede-party verifiëringsprogram en die ander is die welbekende derde-party ouditprogram. Die 2de-party verifiëringsprogram is ontwikkel om praktiese en perseel-spesifieke ondersteuning aan ons lede te bied om voortdurend in hul omgewingsvolhourbaarheid te verbeter. Die program dien as ‘n fondasie om die besigheid se omgewingsvolhoubaarheid te evalueer en produksie te verbeter, en dit skep ook ‘n platform om voor te berei vir die 3de-party ouditprogram.

Ons wil graag SIZA-lede uitnooi om te registreer vir die Omgewingsmodule en om in te skryf vir die 2de-party verifiëringsprogram. Lede kan die Omgewings-SAQ gebruik as ‘n maatstaf om hul besigheidspraktyke te evalueer teenoor Suid-Afrikaanse omgewingswetgewing, sowel as wêreldwyd-erkende goeie omgewingspraktyke. As deel van die SIZA Omgewings-lidmaatskapfooi met geen addisionele verifieringskoste*, het lede die geleentheid om deel te neem aan die Omgewings 2de-party verifiëringsprogram wat hul sal help om die nodige praktyke te implimenteer. Dit is belangrik om daarop te let dat 2de-party verifiërings nie dieselfde is as 3de-party omgewings-oudits nie. Anders as met ‘n 3de-party oudit, sal ‘n SIZA Omgewings-spesialis beskikbaar wees om u deur die verifiëringsproses te help en om seker te maak dat praktyke nie net volgens wetgewing en vereistes geïmplimenteer word nie, maar dat u met gemoedsrus u besigheid kan groei en die omgewing waarin u werk kan bewaar.

Vir meer inligting oor die SIZA Omgewings-module of om in te skryf vir die Omgewings 2de-party verifiëringsprogram, kontak asb. vir Karla Hoogendijk (karla@siza.co.za) by 021 852 8184.

*Bepalings en voorwaardes geld.

Tags: Environmental, Environmental Audits

Caring for the environment is not a choice, it is a responsibility
Previous Post

Caring for the environment is not a choice, it is a responsibility

The duplication of membership profiles on MySIZA
Next Post

The duplication of membership profiles on MySIZA

Related Posts

SIZA Connect Newsletter June 8, 2026

Strengthening Occupational Health and Safety on Farms

SIZA Connect Newsletter June 8, 2026

Balancing Environmental Risks and Benefits in IAP Clearing Decisions

SIZA Connect Newsletter June 8, 2026

Acting Fast, Staying Compliant: Why NEMA Section 30A matters for Agricultural Emergencies

Company

  • About Us
  • Why SIZA
  • Grievances
  • Newsletters
Logo
Navigating sustainability and compliance within South Africa's dynamic agricultural sector.

Contact Information

10 Niblick Way,
Section 5, The Beachhead,
Somerset West 7130 | South Africa
+27(0) 21 852 8184
  • Terms & Conditions
  • Logo Usage
  • MySIZA Platform