• About
  • Why SIZA
  • Standards
  • Audit Process
  • SIZATrack360
  • Training & Support
  • Grievances
  • SIZA Connect
  • Contact
  • info@siza.co.za
  • Helpline: 086 111 1568
  • WhatsApp Line: 067 083 1640
  • MySIZA Platform
The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA) The Sustainability Initiative of South Africa (SIZA)
  • About
    • Managing SIZA
  • Why SIZA
    • Subscription Levels & Costs
    • Terms & Conditions
  • Standards
    • Reviewing Standards
    • Audit Process Methodology
  • Audit Process
    • Completing the SAQ
    • Choosing An Audit Firm
    • Audit Execution
    • Audit Frequency & Between Audit Monitoring
    • Audit Disputes Process
  • SIZATrack360
    • SIZATrack360 Resources
    • SIZATrack360 FAQs
    • Tracking Impact Data – M&E Reports
  • Training & Support
    • Upcoming Training
    • Resources
  • Grievances
  • SIZA Connect
    • SIZA 10 Year Celebration
    • Newsletters
    • Logo Usage
  • Contact

Konstruksie van vulpunte

  • Home
  • SIZA Connect Newsletter
  • Konstruksie van vulpunte

Die SIZA-Omgewingstandaard dek die veilige en verantwoordelike hantering en toediening van landbouchemikalieë. Dit is ‘n minimum vereiste dat alle praktyke wat met landbouchemikalieë verband hou, aan die SANS 10206:2010 regulasies moet voldoen — insluitend die vul- en mengareas.

Hierdie riglyne fokus op die prosedures om die risiko’s vir die omgewing en menslike gesondheid te verminder wanneer plaagdoders hanteer word. Die SANS 10206:2010 regulasies sit ook die riglyne uiteen vir die bou van vulpunte op plaasvlak. Daar word vereis dat vulpunte vêr weg van enige waterbronne moet wees en dat die afloop of vermorsing van plaagdoders nie toegelaat word om met omliggende grond en waterbronne in aanraking te kom nie. Daarom moet vulpunte ‘n vloer van nie-poreuse materiaal (waterdigte sement of beton) met keerwalle hê (bunding). Die uitsluitlike doel hiervan is om te verseker dat potensieel besmette afloopwater nie met die omliggende omgewing besmet  nie en dat dit verdamp as ‘n wegdoeningsmiddel. Alternatiewelik kan ‘n tenk geïnstalleer word om besoedelde water van vulpunte te bevat; ‘n geakkrediteerde maatskappy vir die verwydering van gevaarlike afval moet egter die inhoud verwyder.

Neem asseblief kennis dat die Departement van Water en Sanitasie (DWS) bevestig het dat French drains nie meer wettiglik aanvaar word vir die wegdoening van plaagdoder-besmette afloopwater in Suid-Afrika nie.

Vulpunte moet:

  • Vêr weg van enige waterbronne wees.
  • Die vloer moet nie-poreus wees (bv., sement met dampontsuring en keerwalle (bunding)).
  • Die verdampingsput kan óf met klippe gevul word óf met ‘n metaalrooster bedek word om te verhoed dat diere of voëls die besmette water drink.

Benewens die SANS 10206:2010 regulasies, moet vulpunte in ooreenstemming met die besigheid se risiko-assessering gebou word aagesien dit hulle opgaarkapasiteit en bou sal beïnvloed.

Tags: Vulpunte

Construction of filling points
Previous Post

Construction of filling points

Monitoring of waste production and implementation of recycling practices
Next Post

Monitoring of waste production and implementation of recycling practices

Related Posts

SIZA Connect Newsletter June 8, 2026

Strengthening Occupational Health and Safety on Farms

SIZA Connect Newsletter June 8, 2026

Balancing Environmental Risks and Benefits in IAP Clearing Decisions

SIZA Connect Newsletter June 8, 2026

Acting Fast, Staying Compliant: Why NEMA Section 30A matters for Agricultural Emergencies

Company

  • About Us
  • Why SIZA
  • Grievances
  • Newsletters
Logo
Navigating sustainability and compliance within South Africa's dynamic agricultural sector.

Contact Information

10 Niblick Way,
Section 5, The Beachhead,
Somerset West 7130 | South Africa
+27(0) 21 852 8184
  • Terms & Conditions
  • Logo Usage
  • MySIZA Platform