As deel van die SIZA kapasiteitsbou toolkit, bied SIZA ‘n verskeidenheid inisiatiewe vir verskaffers om aan deel te neem.
Om op hoogte te bly van die SIZA-omgewingstandaard, nuwe inisiatiewe, en veranderings aan wetgewing, is dit noodsaaklik dat lede gereeld opleiding bywoon. Gedurende 2022 sal SIZA verskeie aanlyn webinars en regstreekse (in-persoon) opleidingsessies in die verskillende streke aanbied wat uit die volgende sal bestaan:
- Omgewingsnakoming Webinar
- Omgewingswetgewing Webinar
- Omgewingsnakomingsopleiding (regstreeks)
- SIZA Digitale Rekordhouding Werkswinkels (regstreeks)
Omgewingsnakoming Webinars
As deel van SIZA se kapasiteitsbouprogram, bied SIZA nakomingswebinars aan lede wat die vereistes van die SIZA-omgewingstandaard dek. Die Omgewingsnakoming webinars fokus op die implementering van die SIZA-omgewingstandaard en wat om te verwag wanneer ‘n formele derdeparty-omgewingsoudit bespreek word. Hierdie webinars sal die hele SIZA-omgewingstandaard oor al vyf sy komponente dek, naamlik: Bestuurstelsels; Vermindering van Negatiewe Impakte; Meetbare en Effektiewe Gebruik; Verskuif na Alternatiewe; en Bewaring van Biodiversiteit en Ekosisteme. Hierdie webinars sal in Maart, Mei, Julie, en September aangebied word. Uitnodigings om te registreer sal ses weke voor elke webinar uitgestuur word.
Omgewingswetgewing Webinars
Die Omgewingswetgewing webinars is geïmplementeer vir lede om die vereistes van die Suid-Afrikaanse omgewingswetgewing en hoe dit op die landbou van toepassing is beter te verstaan. Die Omgewingswetgewing webinars fokus op die interpretasie en toepassing van Suid-Afrikaanse wetgewing oor die vier hoekstene van die omgewing, naamlik: Grond; Water; Energie, Materiale en Rommel; en Biodiversiteit. Hierdie webinars sal in Februarie, April, Junie, Augustus, en Oktober aangebied word. Uitnodigings om te registreer sal ses weke voor elke webinar uitgestuur word.
SIZA Omgewingsnakomingsopleiding (regstreeks)
Benewens die aanlyn omgewingsvoldoening- en omgewingswetgewing webinars, sal SIZA verskeie regstreekse opleidingsessies aanbied. Anders as die webinars, sal hierdie opleidingsessies fokus op die kernkwessies van die omgewingstandaard en die areas waar bevindinge tydens oudits aangemeld word en sal nie die standaard as geheel dek nie. SIZA sal in die volgende areas wees waar produsente die span kan ontmoet en die opleidingsessies kan bywoon:
Datum | Provinsie | Streek |
---|---|---|
Maart 2022 | Wes-Kaap | Langkloof/George |
Maart 2022 | Wes-Kaap | Paarl |
Maart 2022 | Wes-Kaap | Montagu/Worcester/Rawsonville |
Ander areas wat tydens 2022 besoek sal word sluit in:
Limpopo:
- Tzaneen/Letsitele
- Groblersdal
Mpumalanga:
- Hazyview
Noord-Kaap:
- Kakamas
Oos-Kaap
- Kirkwood
Wes-Kaap:
- De Doorns
- Grabouw
- Ceres
Digitale Rekordhouding Werkswinkels
Met die implementering van die SIZA Digitale Rekordhoudingsfunksie, sal SIZA ‘n roadshow aanbied waar verskeie werkswinkels aangebied sal word om die nuwe Digitale Rekordhouding-funksie op die MySIZA-platform bekend te stel. Hierdie werkswinkels sal die SIZA Digitale Rekordhoudingsfunksie bekendstel en ‘n stap-vir-stap-gids insluit oor hoe om te navigeer en produksie-inligting vas te lê. Hierdie werkswinkels sal in die volgende areas aangebied word:
Datum | Provinsie | Streek |
---|---|---|
Februarie 2022 | Wes-Kaap | Citrusdal |
Maart 2022 | Wes-Kaap | Paarl |
Maart 2022 | Wes-Kaap | Montagu/Worcester/Paarl |
Noord-Kaap:
- Kakamas
Oos-Kaap:
- Patensie
- Kirkwood
Limpopo:
- Groblersdal
- Tzaneen/Letsitele
Wes-Kaap:
- De Doorns
- Robertson
- Ceres