Alle gevare moet duidelik geïdentifiseer word deur toepaslike veiligheidstekens in alle gebiede waar gevare geïdentifiseer is.
All hazards must be clearly identified through appropriate signage in all areas where hazards have been identified.
Daar is tye deur die loop van ‘n jaar wanneer werk vir verskillende redes nie kan voortgaan nie.
There are times during the course of a year where work cannot continue due to various reasons.
Die vryheid om te assosieer word deur die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) as een van die vier kernarbeidsbeginsels beskou.
The freedom to associate is regarded by the International Labour Organisation (ILO) as one of four core labour principles.
Betaling op openbare vakansiedae kan moeilik wees as die werk gedoen word op ‘n dag wat die werknemer normaalweg sou gewerk het, teenoor ‘n dag wat die werknemer normaalweg nie sou gewerk het nie.
Payment on public holidays can be difficult when the work is conducted on a day the employee would normally have worked versus a day the employee would not normally have worked.
Siekteverlof is nie net betaalbaar wanneer ‘n siekbrief voorsien word nie.
Sick leave is not only exclusively payable upon presentation of a sick note.